Project Detail
Project Number
Project Leader
Institution
Team Members
Student(s)
Date Started
Date Completed
Investigate the effect of stone fruit rootstocks on fruit quality of nectarines
Executive Summary
Die hoofdoel van die projek is om die effek van steenvrug onderstamme op vrugkwaliteit te ondersoek tydens ‘n voor en na opbergings-periode. Vrugte van die drie kontrole onderstamme, Kakamas saailing, GF677 en SAPO778 word met drie onderstamme wat groot belofte toon, Flordaguard, Tsukuba5 en Viking, vergelyk. Sunlite op Cadaman onderstam in die Robertson perseel is ook ingesluit vir die vrugkwaliteit ondersoek, omdat ‘n kweker steenvrug bome op Cadaman verkoop.
Ten spyte van verkeerde boordpraktyke tov voedingbestuur asook die aanwesigheid van nematodes in die Bien Donne perseel, was die persentasie voosheid minder as die maksimum toelaatbare persentasie. Daar was nie statistiese verskille tussen die onderstamme wat die voorkoms van voosheid betref nie.
In alle gevalle was die % totale oplosbare vaste stowwe (TOVS) van alle onderstam / bostam kombinasies meer as die minimum toelaatbare 10%. Dit wil voorkom asof vruglading (aantal vrugte per stamomtrek) wat die aantal vrugte per boom bepaal ‘n groter effek op TOVS het as die onderstam self wat in hierdie projek ondersoek is.
Die fisiologiese kwaal “bleeding” kom soms voor by vrugte wat aan koelopberging blootgestel is en word as ‘n moontlike interne vrugkwaliteit probleem gesien. Vrugte met ‘n soortgelyke rooi gekleurde mesokarp het by Alpine en Sunlite kultivars by beide persele en op al die onderstamme voorgekom. ‘Bleeding’ was reeds teenwoordig tydens die vrug ondersoek wat direk na die oes uitgevoer is. Die grond-, blaar- en vrugontledings toon dat daar nie net verskille tussen die Bien Donne en Robertson persele voorkom nie, maar ook binne dieselfde perseel.
Hierdie projek word ‘n jaar vroeër getermineer as wat oorspronklik beplan was, aangesien die voorkoms van voosheid by al die onderstamme en by beide kultivars baie laag was. Daar is moontlik nektarien kultivars wat meer onderhewig is aan voosheid, maar die Alpine en Sunlite onderstam proewe was die enigste persele beskikbaar waar vrugte vir statistiese opberg proewe beskikbaar was.
Daar is voldoende data tov “bleeding” beskikbaar en dit sal met die grond-, blaar- en vrugontledings vergelyk word om te probeer vasstel waarom sekere onderstamme meer onderhewig was aan die rooi verkleuring van die mesokarp. “Bleeding” sal in die beplande artikel verder bespreek word.
For Final Report, please contact:
anita@hortgro.co.za